James Dean

James Dean
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam James Byron Dean
Alias Jimmy Dean
Geboorte 8 Februarie 1931
Indiana, VSA
Sterfte 30 September 1955
Kalifornië, VSA
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Akteur
Rolprente Rebel Without a Cause (1955)
East of Eden (1955)
Giant (1956)
Internet-rolprentdatabasis-profiel
Rolprentpryse
Prys Jaar Kategorie Prent
Gewen
Golden Globe 1956 Dramatiese akteur Giant
Jussi 1955 Buitelandse akteur East of Eden
Benoem
Oscar 1955 Akteur East of Eden
Oscar 1956 Akteur Giant
Bafta 1955 Akteur in ’n hoofrol East of Eden
Bafta 1955 Akteur in ’n hoofrol Rebel Without a Cause

James Dean (8 Februarie 1931 – 30 September 1955) was ’n Amerikaanse akteur.[1] Hy is ’n kulturele ikoon van tiener-ontnugtering, soos gesien kan word in die titel van sy bekendste rolprent, Rebel Without a Cause (1955) waarin hy die rol speel van ’n gekwelde tiener van Los Angeles, Jim Stark. Die ander twee rolle wat hom beroemd gemaak het, is die alleenloper Cal Trask in East of Eden (1955) en die stuurse plaasarbeider Jett Rink in Giant (1956). Dean se voortdurende roem en gewildheid rus vierkant op hierdie drie hoofrolle. Sy voortydige dood in ’n motorongeluk het van hom ’n legende gemaak.[2]

Hy was die eerste akteur wat nadoods benoem is vir ’n Oscar vir beste akteur en is steeds die enigste akteur met twee nadoodse benoemings. In 1999 het die American Film Institute hom 18de geplaas onder die beste akteurs van alle tye.[3]

  1. Obituary Variety, 5 Oktober 1955.
  2. Goodman, Ezra (24 September 1956). "Delirium over dead star". Life. Vol. 41 No. 13. pp. 75–88.{{cite news}}: AS1-onderhoud: plek (link)
  3. "argiefkopie" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 Julie 2011. Besoek op 19 Junie 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search